Currently No Video Available
Clean Lyric
Paragraph Lyric
ek weet byna presies wat’s fout met ons
ek lees my nuwe uitgawe van de kat en ek weet
ek kyk tv en ek weet
ek luister radio en ek weet
ons is deur die kak

storie van sonde by monde van die kombuiskasradio wat ewe grys en sedig en novilon-geel jou lewe se hande beperk tot ketels en wasgoed en stofsuiers
groot-uier koei jou moeisame mens jou grensende stuk lap jou sagging borste jou parow vriendinne jou gek gek obsessie met steve hofmeyr en huisgenoot-heroes en bondgenootlose naweke vol popcorn en pap en braaivleis en buurmanne vol grappe
trippe trappe trone die volk is in die kak
die belofte van môre word gister se misgissing visvang by die vaaldam vakansie by b&b’s en kos by bp express en excessive nagte vol geslagte wat lank in die donker vir jou sit en lag lag lag
bedags daai selfde stuk grond verpand vir selfone en die c-reeks en reukwater en www.yahooooo.com
so slinks is hy met sy cufflinks en gholfstokke en winternagjagtogte na bokke met rokke met nog woord nog styl net kwyl geen kwellings die swellings dig toegetrek agter blomrokke en donkerbril skokke en bybelversies en kersfees met die kinders
verhinder jou siklus vol siektes met rooklonge en ou tande en ‘n ingeboude bar vol
sfw kwv en sab
jou onbenydenswaardige rassehaat agter paraatheid en vrate vir vreugde sonder deugde in ‘n land van besittings en versetlose ontsetting hth pools van hoofpynpille en skrille lug wat draai en kantel soos ‘n mantel horison wat die son gryp en die donker giet deur hierdie son hierdie son
van uv factors en fabriekrook
klokke sonder bokke vir die skape sonder skade berokken jouself oortrokke deurtrek met tradisie en maniere en straatname en vervolgverhale en maagkwale en god weet wat wie het meer te sê as die besitter die ontbieder die verspieders is dood en die ontkennings te koop by boekwinkels apteke regerings stuttafords en steers
trippe trappe trone die volk is in die kak
ek weet byna presies wat’s fout met ons   ek lees my nuwe uitgawe van de kat en ek weet   ek kyk tv en ek weet   ek luister radio en ek weet   ons is deur die kak      storie van sonde by monde van die kombuiskasradio wat ewe grys en sedig en novilon-geel jou lewe se hande beperk tot ketels en wasgoed en stofsuiers   groot-uier koei jou moeisame mens jou grensende stuk lap jou sagging borste jou parow vriendinne jou gek gek obsessie met steve hofmeyr en huisgenoot-heroes en bondgenootlose naweke vol popcorn en pap en braaivleis en buurmanne vol grappe   trippe trappe trone die volk is in die kak   die belofte van môre word gister se misgissing visvang by die vaaldam vakansie by b&b’s en kos by bp express en excessive nagte vol geslagte wat lank in die donker vir jou sit en lag lag lag   bedags daai selfde stuk grond verpand vir selfone en die c-reeks en reukwater en www.yahooooo.com   so slinks is hy met sy cufflinks en gholfstokke en winternagjagtogte na bokke met rokke met nog woord nog styl net kwyl geen kwellings die swellings dig toegetrek agter blomrokke en donkerbril skokke en bybelversies en kersfees met die kinders   verhinder jou siklus vol siektes met rooklonge en ou tande en ‘n ingeboude bar vol   sfw kwv en sab   jou onbenydenswaardige rassehaat agter paraatheid en vrate vir vreugde sonder deugde in ‘n land van besittings en versetlose ontsetting hth pools van hoofpynpille en skrille lug wat draai en kantel soos ‘n mantel horison wat die son gryp en die donker giet deur hierdie son hierdie son   van uv factors en fabriekrook   klokke sonder bokke vir die skape sonder skade berokken jouself oortrokke deurtrek met tradisie en maniere en straatname en vervolgverhale en maagkwale en god weet wat wie het meer te sê as die besitter die ontbieder die verspieders is dood en die ontkennings te koop by boekwinkels apteke regerings stuttafords en steers   trippe trappe trone die volk is in die kak