Currently No Video Available
Clean Lyric
Paragraph Lyric
die aarde is aan die brand
die aardskok rol regdeur die land
miermense skarrel ondergrond sonder vrug
eensame aasvoëls stippel die lug
ons hardloop hand aan hand
deur die gloeiende kole op blouberg se strand
die wind waai warm deur die wolke van bo
swart soos die trane in jou oë

die mal verwarring sleur ons mee
saam met gillende mense langs die brandende see
ek voel jy struikel en my hart stop van skrik
skielik word jou hand uit myne geruk
ek veg vergeefs deur die mensevlaag
terwyl jy verder weggevoer word in die dolle gejaag
ek gil jou naam maar my woorde kwyn
terwyl ek magteloos toekyk
hoe jy tussen die mense verdwyn...

die pad is krom ons gids is stom
party sê hul weet maar die meeste is dom
deur al hierdie chaos sal ek jou kry
ek moet jou weer kry...

ek soek jou in doodloopstrate
winkelsentrums, koud verlate
ek dwaal tussen mense
rusteloos soos ek
in hierdie dooie plek

die pad is krom ons gids is stom
party sê hul weet maar die meeste is dom
deur al hierdie chaos sal ek jou kry
ek moet jou weer kry...

die dae gaan nou vinnig verby
met hierdie mal nuwe wêreld rondom my
om elke hoek dink ek hoor ek jou stem
maar teleurstellings
kerf my hart soos 'n lem

ek hoop dat jy ook na my soek
dat jy ons liefde onthou
deur hierdie aardse vloek
ek dink aan jou glimlag
teen my groeiende vrees
ek dink aan jou my liefling
waar jy ookal mag wees...
die aarde is aan die brand   die aardskok rol regdeur die land   miermense skarrel ondergrond sonder vrug   eensame aasvoëls stippel die lug   ons hardloop hand aan hand   deur die gloeiende kole op blouberg se strand   die wind waai warm deur die wolke van bo   swart soos die trane in jou oë      die mal verwarring sleur ons mee   saam met gillende mense langs die brandende see   ek voel jy struikel en my hart stop van skrik   skielik word jou hand uit myne geruk   ek veg vergeefs deur die mensevlaag   terwyl jy verder weggevoer word in die dolle gejaag   ek gil jou naam maar my woorde kwyn   terwyl ek magteloos toekyk   hoe jy tussen die mense verdwyn...      die pad is krom ons gids is stom   party sê hul weet maar die meeste is dom   deur al hierdie chaos sal ek jou kry   ek moet jou weer kry...      ek soek jou in doodloopstrate   winkelsentrums, koud verlate   ek dwaal tussen mense    rusteloos soos ek   in hierdie dooie plek      die pad is krom ons gids is stom   party sê hul weet maar die meeste is dom   deur al hierdie chaos sal ek jou kry   ek moet jou weer kry...      die dae gaan nou vinnig verby   met hierdie mal nuwe wêreld rondom my   om elke hoek dink ek hoor ek jou stem   maar teleurstellings   kerf my hart soos 'n lem      ek hoop dat jy ook na my soek   dat jy ons liefde onthou   deur hierdie aardse vloek   ek dink aan jou glimlag   teen my groeiende vrees   ek dink aan jou my liefling   waar jy ookal mag wees...
 
RELATED SONGS
RELATED ARTICLES